
Bibi sê oorname van Gazastad is enigste pad tot vrede
Loading player...
Die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, het sy regering se plan om Gazastad oor te neem verdedig en gesê dit is die enigste manier om die oorlog vinnig te beëindig. Die plan het hewige kritiek ontlok van die families van die oorblywende 50 gyselaars in Gaza, van wie 20 vermoedelik nog leef. Netanyahu beweer dat hulle ongeveer 70- tot 75-persent van Gaza onder Israelse militêre beheer het. Hy sê hulle moet die werk afhandel en die nederlaag van Hamas voltooi: