
Saadkwekers - die landbouministerie soek jou!
Loading player...
Die regering wil landbouproduktiwiteit en marktoegang vir gewasse verbeter deur middel van sy Landboumeganiserings- en Saadverbeteringsprojek. Hulle soek nuwe saadkwekers in die Kunene-, Omusati-, Oshana-, Oshikoto-, Ohangwena-, Zambezi-, Otjozondjupa-, Omaheke- en die Kavango Wes- en Oos-streke. Aansoeke moet teen Vrydag ingedien word. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die hoof landbouwetenskaplike beampte in die landbouministerie, Magdalena Hangula.