
Dagga-uitspraak vandag verwag
Loading player...
'n Uitspraak oor die grondwetlike uitdaging teen Namibië se daggaverbod word vandag verwag na die verhoor voor regters Boas Usiku, Claudia Claasen en Philanda Christia. Die leiers van Ganja-gebruikers van Namibië, Brian Jaftha en Borro Ndungula, wil hê dat die verbod op volwasse gebruik as ongrondwetlik geskrap word. Die staat dring egter aan dat dit 'n beleidsaangeleentheid is, nie grondwetlik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Angela Prusa van die Cannabis- en Hennepvereniging van Namibië gesels.