Woord vir Vandag - 13 Aug 2025

Loading player...
“Jesus het baie sulke voorbeelde gebruik om die woord aan die mense, volgens wat hulle kon verstaan, te bedien.” Markus 4:33 NLV

Hou dit eenvoudig

As jy ernstig daaroor is om mense te bereik en hulle te onderrig, is daar twee dinge wat jy moet probeer doen: 1) Praat met hulle, nie bo-oor hulle koppe nie. ‘n Kleuter was besig om ‘n appel agter in sy pa se kar te eet. ‘Pappa,’ het hy gesê, ‘hoekom word my appel bruin?’ Sy pa het verduidelik: ‘Nadat jy die vel aan die buitekant geassimileer het, het die kernstruktuur van die appel met die atmosfeer in aanraking gekom, wat dit laat oksideer het. Sodoende is sy molekulêre struktuur aangepas en het dit in ‘n ander kleur verander.’ Na ‘n lang stilte het die seuntjie gevra: ‘Pappa, praat jy met my?’ Kan die luisteraar dit wat jy sê verstaan en gebruik? Paulus het vir die kerk in Korinte gesê: ‘Ek moes julle met melk voed, nie met vaste kos nie, want julle sou nie iets sterkers kon verteer nie. Trouens, julle is ook nou nog nie gereed daarvoor nie’ (1 Korintiërs 3:2 NLV). Jesus het ‘n punt daarvan gemaak om sy stellings so te struktureer dat die mense sy boodskap kon verstaan. Dink daaroor: Jesus was God en Hy kon ons maklik met sy kennis verstom het. Omdat sy begeerte egter was om lewens ten goede te verander, het Hy op ons vlak gebly en ‘n taal wat ons verstaan, gebruik. Jy moet leer om dieselfde te doen. 2) Sê dit oor en oor. Die grondbeginsel van onderrig is herhaling. Daar word genoem dat mense iets sestien keer moet aanhoor voordat hulle dit glo en werklik verstaan. Die vraag wat jou moet kwel is nie: ‘Wat gaan ek sê nie?’ maar: ‘Wat gaan mense van my boodskap verstaan?’
12 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min