Woord vir Vandag - 18 Aug 2025

Loading player...
“…Ek sal… vir jou voorsê wat jy moet sê.” Eksodus 4:12 NLV

In die openbaar praat

Jy hoef nie ‘n groot spreker te wees nie; jy moet net die boodskap kan oordra. Jy hoef nie ‘n ander spreker na te boots nie; jy moet net besluit om die bes moontlike ‘jy’ te wees. Dus: 1) Moenie jouself bekommer dat jy dalk ‘n fout kan begaan nie. Die kans is groot dat jy meer oor jou onderwerp as 90 persent van die gehoor weet. As jy struikel, wat dan? Dit wys aan die gehoor dat jy mens is - net soos hulle. Mense vind dikwels meer aanklank by jou kwesbaarheid as by jou krag. Boonop ondersteun die gehoor jou en wil hulle hê jy moet slaag. 2) Fokus daarop om waarde aan die gehoor oor te dra, eerder as om hulle te probeer beïndruk. Al wat wat saak maak, is dit wat die gehoor van jou boodskap huis toe neem. John Ford, ‘n Amerikaanse filmregisseur, het dit so gestel: ‘Jy sal goed praat wanneer jou tong die boodskap van jou hart oordra.’ 3) Oefen! Oefen! Oefen! Wanneer jy jou boodskap in die spieël oefen, kan jy sien en hoor wat jou gehoor gaan sien en hoor. So kan jy verbeterings byvoeg en dienooreenkomstig regstellings maak. 4) Wanneer jy God se Woord deel, berei jou boodskap voor asof dit alles van jou afhang. Bied dit egter aan asof alles van God afhang – want dit doen! Paulus het geweet dat hy nie ‘n goeie spreker was nie en tog verander sy woorde tweeduisend jaar later steeds lewens: ‘My boodskap en my prediking was bitter eenvoudig. Ek het julle nie probeer oorreed deur geleerde welsprekendheid nie, maar deur die Heilige Gees wat kragtig onder julle gewerk het. Dit het ek gedoen sodat julle geloof nie sou berus op menslike geleerdheid nie, maar op die krag van God’ (1 Korintiërs 2:4-5 NLV).
12 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min

Word for Today - 19 Aug 2025

“All of you be of one mind…love as brothers, be tender-hearted, be courteous.” 1 Peter 3:8 NKJV How to get along with others Put yourself in the other person’s shoes and try to see things from their point of view. That’s one of the great keys to working with clients,…
12 Aug 2 min