SA-beroepstudente kry nie volle NSFAS betaling nie

Loading player...
Die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente sê instellings vir tegniese beroepsonderwys en -opleiding se studentetoelaes word nie betaal in rekeninge wat nie bygewerk is nie. Die skema loop al jare lank deur onder omstredenheid en studente kla dat hulle verblyf- en leeftoelaes nie betyds betaal word nie. Die skema se woordvoerder, Ishmael Mnisi, sê hulle besef die uitwerking van vertragings omdat studente ten volle van die toelae afhanklik is vir hul lewenskoste:
13 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Minister sê arrestasie van Hume en vyf ander is groot oorwinning

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, sê die oopvlek van 'n groot oorgrens renosterhoringhandelnetwerk is 'n beslissende oorwinning. Ses verdagtes van 'n sindikaat wat gekoppel is aan 'n bedrieglike skema waarby 964 renosterhorings ter waarde van miljoene rand betrokke is, is aangekeer. Die horings was vir…
20 Aug 5AM 1 min

Skietstilstand: Israel sal Vrydag sê

Israel gaan sy antwoord teen Vrydag aan internasionale bemiddelaars lewer oor 'n nuwe Gaza skietstakingsooreenkoms. Die voorstel wat Katar en Egipte voorgelê het, sluit in die opheffing van militêre operasies vir 60 dae en die vrylating van sowat die helfte van die 50 oorblywende Israelse gyselaars waarvan 20 glo steeds…
20 Aug 5AM 1 min

Digitaliseer werksaansoekproses

Die regering se verouderde werksaansoekproses skep hindernisse vir werklose jeugdiges, sê die jeugaktivis Nocky Kaapehi, die stigter van Hano Youth. Aansoekers moet vorms laat druk, sertifiseer en koerier, wat hy duur, tydrowend en uitsluitend noem. Kaapehi dring aan op digitalisering deur 'n gesentraliseerde aanlynportaal, wat onder andere koste sal besnoei,…
20 Aug 4AM 1 min

Wie vat verantwoordelikheid vir verkwiste R460m op plaas?

Die DA doen 'n beroep vir verantwoordbaarheid ná die ineenstorting van die plaas Khutso Naketsi in Skeerpoort, Noordwes. Die DA-lid, Lizelle Stoltz, sê al wat oorgebly het van die eens florerende 1 923 hektaar-plaas, is brokstukke. Die staat het die plaas in 2019 vir 460 miljoen Suid-Afrikaanse rand gekoop om…
20 Aug 4AM 1 min

Tariewe op rooibos bedreig VSA werksgeleenthede

Die Suid-Afrikaanse Rooibosraad is besig om te onderhandel met die ambassade van die VSA en die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om verligting te kry van die onlangs ingestelde 30-persent tariewe op Rooibos-uitvoere. Rooibos, wat slegs in die Wes-Kaap gekweek word, word meesal in grootmaat na die VSA verskeep…
20 Aug 3AM 1 min