
Namibië reis na Oostenryk om by kerngroep aan te sluit
Loading player...
Namibiese afgevaardigdes sal volgende maand na Oostenryk reis om met die Kernverskaffersgroep en die Internasionale Atoomenergieagentskap te vergader. Die doel van die reis is om Namibië se bod om by die Kernverskaffersgroep aan te sluit, te bespreek. Die Kabinet het die bod reeds goedgekeur. Volgens dr. Gabi Schneider, direkteur van die Namibiese Uraaninstituut, is aansluiting by die groep belangrik vir Namibië as 'n belangrike uraanprodusent.