
Cran sê verkoop van MultiChoice sal goed wees vir verbruiker
Loading player...
Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, sê Namibië kan baat vind by Canal+ se voorgestelde verkryging van MultiChoice-groep vir 35 miljard Amerikaanse dollar. Hoewel die transaksie geen onmiddellike impak op plaaslike uitsaailisensies het nie, sê Cran dat dit meer diverse inhoud, beter dienste, laer koste en belegging in infrastruktuur, tegnologie en plaaslike produksie kan bring. Kosmos 94.1 Nuus het met Mufaro Nesongano, Cran se uitvoerende hoof van kommunikasie en verbruikersverhoudinge gesels, wat ons meer vertel.