
DA reageer op stygende werkloosheid in buurland
Loading player...
Die DA sê die jongste Kwartaallikse Arbeidsmagopname toon dat ekonomiese hervormings vir groei en werkgeleenthede dringend ingestel moet word. Suid-Afrika se amptelike werkloosheidsyfer het met 0,3-persentasiepunte in die tweede kwartaal van hierdie jaar gestyg tot 33,2-persent. Volgens Statistiek SA is 140 000 meer mense werkloos in vergelyking met die eerste kwartaal. Michael Bagraim van die DA sê die ANC se ekonomiese beleid werk nie: