
DA boos oor swak vervolgings vir onwettige vuurwapens
Loading player...
Die DA sê dit is kommerwekkend dat die Nasionale Vervolgingsgesag nie kan naspoor of SAPD-arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit tot vervolging of skuldigbevindings lei nie. Die Wes-Kaapse polisie het tussen Januarie 2020 en Desember 2024, 13 727 arrestasies vir onwettige vuurwapenbesit aangemeld. Slegs 1 745 sake het egter in skuldigbevindings geëindig, terwyl 1 897 van die rol geskrap is. Nicholas Gotsell van die DA sê die NVG het erken dat sake dikwels teruggetrek word weens onvolledige ondersoeke of swak gehalte bewyse: