
Uitbrekings van malaria, cholera, is verby
Loading player...
Gesondheidminister dr. Esperance Luvindao het aangekondig dat die cholera- en malaria-uitbrekings tot 'n einde gekom het. Dit is bepaal deur 'n deeglike epidemiologiese assessering. Sy sê sedert die aankondiging van die malaria-uitbreking in Desember is amper 96 000 sake aangemeld, met 154 sterftes. Een cholera-sterfte is aangeteken. Luvindao het die belangrikheid daarvan dat die binnenshuise sproei-program teen malaria ondersteun word, beklemtoon.