
Net kompleks rekeninge word aan RedForce oorhandig - CoW
Loading player...
Die Stad Windhoek sê hy hanteer self sowat 90 persent van skuldinvordering en is nie te afhanklik van eksterne partye soos RedForce om dit namens hulle te doen nie, sê die munisipaliteit. Pensioenarisse se agterstallige skuld word selde aan RedForce oorhandig. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Stad Windhoek se woordvoerder, Lydia Amutenya wat sê daardie skuld wat pensioenarisse voorheen tussen 2023 en 2024 afgeskryf is, het weer agterstallig geraak.