
Konsultasies begin vir middeltermyn-begroting
Loading player...
Finansminister Ericah Shafudah gaan streekregerings besoek om die middeltermyn-begrotingshersiening te bespreek. Die eerste besoek is geskeduleer vir die Zambezi-streek op 25 Augustus, gevolg deur Kavango-Oos op die 28ste en Kavango-Wes op 29 Augustus. Volgens die woordvoerder van die ministerie, Wilson Shikoto, is hierdie vergaderings van kritieke belang.