
'Beste nuus vir hoë olieprys is lae olieprys'
Loading player...
Reaksie word ontvang op berigte dat wêreldwye oliepryse na verwagting aansienlik sal daal, volgens die Energie-inligtingsadministrasie. Daar word verwag Brent-ruolie sal van 71 Amerikaanse dollar per vat in Julie tot 58 dollar in die vierde kwartaal vanjaar en 50 dollar teen vroeg in 2026 daal. Kosmos 94.1 Nuus het met die ekonoom Dawie Klopper gepraat wat verduidelik.