Saftu verwerp ook Nasionale Dialoog

Loading player...
Die vakbondfederasie Saftu sê hy gaan nie deelneem aan die nasionale dialoog wat vandag by die Universiteit van Suid-Afrika in Tshwane begin nie. Saftu sê die proses word beheer deur die regering, is nie deursigtig nie, en ignoreer die stemme van die werkers en die gemeenskappe. Asive Dyani van Saftu sê hy wil 'n openlike dialoog hê wat deur die burgers gelei word, wat die werklike maatskaplike en ekonomiese sake bespreek:
15 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kry nuwe ID-kaart om reis makliker te maak

Namibië en Botswana aanvaar nou nasionale ID-kaarte vir reise by vyf grensposte, met die meeste verkeer aangeteken by Trans-Kalahari. Meer Batswana as Namibiërs het die stelsel gebruik, wat glad verloop het, behalwe vir reisigers wat ou ID's voorlê. Slegs die nuwe ID met 'n QR-kode en masjienleesbare sone is geldig…
19 Aug 8AM 1 min

Eskom loods herwinbare energie-onttrekkingsprogram

Eskom het sy eerste herwinbare energie-onttrekkingsprogram bekend gestel deur groot kragverbruikers te nooi om 291-megawatt sonkrag te bekom. Dis deur langtermyn kragaankoop-ooreenkomste van die kragverskaffer se herwinbare energie-aanlegte. Dis deel van Eskom se voortgesette ontwikkeling van 'n gebalanseerde enegiemengsel wat uit steenkool, kernkrag, gas, herwinbare en energie-opberging bestaan. Die kragverskaffer…
19 Aug 8AM 1 min

Registreer voor 19:00 vandag

Die Namibiese Verkiesingskommissie herinner almal dat die aanvullende kieserregistrasie vanaand om sewe-uur eindig. Die proses wat op 4 Augustus begin het, het ‘n lae opkoms ervaar. Plaaslike owerheidverkiesings ervaar op elke siklus die uitdaging, al is dit die belangrikste verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De…
19 Aug 6AM 1 min

SA-landbou is veerkragtig - Steenhuisen

Die Minister van Landbou John Steenhuisen sê die landbousektor wys merkwaardige groei en veerkragtigheid ten spyte van wêreldwye wind van voor. Nuwe data wat die Landbou Sakekamer bekend gemaak het, wys landbou-uitvoer na Amerika het in die tweede kwartaal vanjaar met 26-persent gestyg in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar…
19 Aug 6AM 1 min

As geld die huis verlaat, loop liefde by die agterdeur uit... of nie?

Liefde lê nie net in blomme en laatnag-geselsies nie, dit lê ook in huur, kruideniersware en gesinsondersteuning. Die 2024 Old Mutual Namibia Financial Services Monitor toon dat meer as die helfte van werkende Namibiërs finansieel gestres is. Vir paartjies is die sleutel oop geldgesprekke, billike stelsels vir gedeelde uitgawes, beplanning…
19 Aug 6AM 1 min