Gauteng se minibus- en e-taxi's moet geskille oplos

Loading player...
Gauteng se LUR vir Paaie en Vervoer, Kedibone Diale-Tlabela, waarsku die minibustaxi- en e-taxi-verenigings wat by die Maponya-winkelsentrum in Pimville, Soweto, bedrywig is, om hul geskille op te los deur platforms te gebruik wat die departement voorsien. Dit volg na ʼn skietvoorval Woensdagaand by die winkelsentrum toe ʼn e-taxibestuurder vermoor en twee voertuie aan die brand gesteek is. Diale-Tlabela sê griewe of handelsdispute regverdig nie die dood van ʼn persoon of gevaar vir onskuldige mense nie:
15 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Gewasdiversifikasie sal produksie en winste opstoot

Boere word aangemoedig om gewasdiversifikasie te omarm. Die Parlementêre Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne het aanbeveel dat die afhanklikheid van tradisionele graangewasse verminder word en boorde en ander hoëwaarde-gewasse ondersoek word om beide produktiwiteit en winsgewendheid te verbeter. Emilie Abrahams, die bestuurder van tuinbou-ontwikkeling by die Akkerbouraad het met Kosmos…
19 Aug 11AM 1 min

Beboet randmanipulasie-banke swaar, vra Future Forex

Future Forex het gevra vir swaar boetes vir banke wat skuldig bevind word in die randmanipulering-sage om toekomstige valuta-manipulering te voorkom. Die Mededingingskommissie appelleer in die Konstitusionele Hof teen die uitspraak van die Mededingingsappèlhof oor 13 banke wat daarvan beskuldig word dat hulle tussen 2007 en 2013 die rand-dollar-wisselkoers gemanipuleer…
19 Aug 11AM 1 min

Wie gaan in Otjomuise massa-behuising woon, vra Amushelelo

Die kontrakteur verantwoordelik vir die Otjomuise Massa Behuisingsontwikkelingsprogram is deur die lynminister, James Sankwasa, opdrag gegee om alle gedeeltelik geboude huise teen 30 November 2025 te voltooi. Die projek, wat 362 onvoltooide huise insluit, is aanvanklik in 2013 ontwerp, maar het aansienlike vertragings ondervind as gevolg van 'n regsgeskil wat…
19 Aug 10AM 1 min

T20 Wêreldbeker Afrika kwalifikasie-toernooi kom na Namibië

Krieket Namibië sal die IKR Vroue T20 Wêreldbeker Afrika Kwalifiseringswedstryd aanbied van 31 Augustus tot 6 September vanjaar. Namibië en sewe ander spanne sal meeding om twee plekke by die Globale Kwalifiseringstoernooi. Krieket Namibië se uitvoerende hoof, Johan Muller, sê die toernooi sal beide kwalifikasie en die vinnige groei van…
19 Aug 10AM 1 min