‘Hoe om te wen as jy verloor’ – Pierre Vlok

Loading player...
In ’n wêreld waar baie mense opgee wanneer dinge moeilik raak, staan Pierre Vlok, legendariese wolskaapman van BKB, as ’n baken van hoop. Sy verhaal van volharding, van ’n plaasseun tot ’n internasionaal erkende wolkenner, toon dat sukses nie altyd maklik kom nie – maar wel vir dié wat aanhou probeer.
In hierdie episode van die Bly Boer-potgooi deel Pierre sy lewensreis, van sy vroegste dae op die plaas, sy merkwaardige loopbaan in die wolbedryf en oor die nuwe seisoen van aftrede.
Hoor wat sê hy oor:
• hoe sy liefde vir Merino-skape hom op ’n pad geplaas het wat hy nooit kon voorsien het nie;
• hoe droogte en ekonomiese druk hom gedwing het om op te hou boer;
• hoe sy tyd in die spesmagte hom geleer het om aanpasbaar en veerkragtig te wees; en
• waarom hy glo dat die boere wat oorleef, diegene is wat optimisties en vasberade bly, ongeag die uitdagings.
17 Aug 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 11 - Barnard Mohair

In episode 11 van Landboumark Voorslag hoor ons van Louise Cameron, die tweedegeslag-eienaar van Barnard Mohair, ’n familie-onderneming wat al byna ses dekades luukse sybokhaarprodukte in die Oos-Kaapse dorp Alicedale vervaardig. Sy vertel hoe die passie vir tekstiel van haar pa, Jan-Paul Barnard, ’n onwaarskynlike pionier in die sybokhaarbedryf, gelei…
14 Sep 23 min

Landboumark Voorslag: Episode 10 - AgriTrekker

In die tiende episode van Landboumark Voorslag hoor ons van Rheeder Brand, ʼn 21-jarige derdejaarstudent in datawetenskap aan die Universiteit Stellenbosch en een van die drie jong entrepreneurs wat AgriTrekker geskep het. Wat as ʼn eenvoudige Excel-programmetjie op ʼn plaas begin het, het ontwikkel tot ʼn digitale diesel- en plaasbestuurstelsel…
7 Sep 12 min

Landboumark Voorslag: Episode 9 - Save the Sheep

Episode 9 van Landboumark Voorslag vertel die verhaal van Save the Sheep. Wat in 2017 met ’n enkele gehekelde skapie deur Sybil Visagie begin het, het gegroei tot ’n beweging wat vroue regoor die Karoo bemagtig om inkomste te verdien, selfstandig te word en hul gemeenskappe te versterk – sonder…
31 Aug 21 min

Landboumark Voorslag: Episode 8 - The Bee Shop Bloemfontein

In Episode 8 van Landboumark Voorslag gesels ons met Kenneth Nel van The Bee Shop Bloemfontein oor sy passie vir byeboerdery, hoe covid-19 die begin van sy onderneming geword het en waarom opleiding die sleutel tot sukses is. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan…
24 Aug 13 min

Landboumark Voorslag: Episode 7 - Uit die Dop

In die sewende episode van Landboumark Voorslag ontmoet ons Lizaan Bradfield, die boervrou wat van oorskotproduksie op hul plaas ՚n onderneming opgebou het – een pekanneuttertjie op ՚n slag. Nuwe episodes van Landboumark Voorslag word elke Maandag om 19:00 gepubliseer. Aan jou gebring deur Landboumark, Landbouweekblad se digitale snuffelgids. Plaas…
17 Aug 8 min