Media24 Landbouweekblad

Landbouweekblad

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy nou op die hoogte wil bly van die jongste nuus, weerberigte, landboustories, of geïnteresseerd is in spesifieke bedrywe – ons bied dit en vele meer.
Weekly Afrikaans South Africa News · Education
43 Episodes
1 – 20

Grondontleding: Volg akkurate metode en kry korrekte raad

Presisiegrondontleding is ’n belangrike hulpmiddel waarvolgens ’n boer besluite oor grondaanvulling neem. Indien hierdie ontleding nie akkuraat is nie, kan dit lei tot die verkeerde bemesting wat ’n direkte impak op opbrengs en insetkoste het. In die tweede aflewering oor dié onderwerp op Wat ’n boer moet weet vertel dr…
9 Sep 20 min

Is Suid-Afrika in ’n grondontleding- en interpretasiekrisis?

Grondontledings word gebruik as basis van bemestingsaanbevelings daarom is dit uiters belangrik dat die inligting wat daaruit kom korrek is. Die vraag is of boere finansieel sal baat met die konvensionele ekstraksiemetodes, oftewel “uitwasmiddels” as basis van bemestingsvoorstelle, of eerder met Mehlich-3 en wat is die slaggate. In hierdie episode…
2 Sep 28 min

‘Hoe om te wen as jy verloor’ – Pierre Vlok

In ’n wêreld waar baie mense opgee wanneer dinge moeilik raak, staan Pierre Vlok, legendariese wolskaapman van BKB, as ’n baken van hoop. Sy verhaal van volharding, van ’n plaasseun tot ’n internasionaal erkende wolkenner, toon dat sukses nie altyd maklik kom nie – maar wel vir dié wat aanhou…
17 Aug 17 min

‘Moenie ophou probeer nie’ – Gerrit van Zyl

In hierdie episode van Bly Boer deel Gerrit van Zyl, sakeman en bekroonde stoetbeesboer van Dewetsdorp, sy merkwaardige reis van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke met Reza Clifford. Gerrit se benadering tot geestelike welstand is diep gewortel in praktiese geloof, volharding en om sinvolheid in daaglikse klein bydraes tot iets groter…
10 Aug 19 min

‘Herlewing begin op die plaas’ – Johann Kotzé

Johan Beukes gesels in die jongste Bly Boer-episode met Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA, oor wat dit werklik beteken om te volhard, hoopvol te bly en die volgende geslag te inspireer. Johann vertel in die gesprek hy glo dat geloof ons deur die donkerste tye kan dra en hoe…
3 Aug 27 min

Grond, geloof en gemeenskap – Charl Saunderson

Charl Saunderson, ’n Dorper-stoetboer van die Boesmanland, herinner ons in hierdie Bly Boer-episode dat boerdery meer is as net ’n beroep – dit is ’n lewenswyse wat gebou is op waardes van volharding, verantwoordelikheid en onwrikbare hoop vir die toekoms. Luister in sy gesprek met Reza Clifford oor hoe hy…
27 Jul 25 min

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy…
17 Jul 1 min

Van trauma tot triomf – Ds. Thinus van Staden

In hierdie episode van Bly Boer gesels Reza Clifford met ds. Thinus van Staden, ’n predikant van Pretoria en die stigter van Traumanetwerk. Laasgenoemde het ontstaan toe kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor die trauma wat boere, hul families en plaaswerkers ervaar. Ds. Thinus glo dat trauma is ’n normale…
12 Jul 29 min

‘Wees bereid om weerloos te wees’ – Marciel Hopkins

Marciel Hopkins het op ’n wynplaas in die Breëriviervallei grootgeword en het ’n diep verbintenis met die landbou en plaaslewe. In dié episode gesels sy oor die onvoorspelbaarheid van boerdery, weerloosheid en betekenisvolle verhoudings.Hoor wat sy sê oor:• die ingewikkelde dinamika van familieboerdery;• die belangrikheid van ondersteuningsnetwerke;• jong boere se…
4 Jul 17 min

Hoe gemaak as klimaatsverandering ideale toestande vir peste skep?

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy…
27 Jun 16 min

‘Drank was my beste vriend’ – Edohan Burger

Edohan Burger gesels eerlik in die Bly Boer-episode oor sy pad met alkoholverslawing en hoe hy dit reggekry het om daarvan vry te kom. Edohan, wat deesdae ’n pastoor by die Kompas-gemeente in Vanderbijlpark is en ook ander verslaafdes help, deel met Reza Clifford oor die vernietigende impak wat drank…
22 Jun 25 min

Wat ek geleer het oor verhoudings op die plaas’ – Yolandi Marais

Yolandi Marais het op ’n plaas grootgeword, werk as konsultant elke dag met boere en het ook vanjaar met ’n boer getrou. Sy vertel oor wat sy tot dusver geleer het oor verhoudings, verantwoordelikheide, vrou-wees en vreugdes op die plaas. Johan Beukes en Yolandi Marais van Dunamus Agri Advisory Services…
15 Jun 22 min

‘Daar is altyd ’n plan te maak’ – Johan Coetzee

Johan Coetzee, skrywer van Opgee se gat, glo hoe groter jou aanpasbaarheid en veerkragtigheid – jou vermoë om op te staan nadat die lewe jou ’n klap of twee gegee het – hoe groter is jou kans om te floreer. In dié episode vertel Coetzee hoekom hy die boek geskryf…
23 May 24 min

LUISTER: Graansiektes is ’n realiteit, maar hier is raad wat help

Wat is die doomsday-graansiekte wat Suid-Afrika nog nie bereik het nie, maar waaroor kenners wakker lê en wat is die groot lesse wat die uitbreek van sulke siektes ons leer? Dit is van die kwessies wat in die tweede episode van Wat die boer moet weet bespreek word.
10 May 15 min
1 – 20