‘Daar is altyd ’n plan te maak’ – Johan Coetzee

Loading player...
Johan Coetzee, skrywer van Opgee se gat, glo hoe groter jou aanpasbaarheid en veerkragtigheid – jou vermoë om op te staan nadat die lewe jou ’n klap of twee gegee het – hoe groter is jou kans om te floreer.
In dié episode vertel Coetzee hoekom hy die boek geskryf het en hoe om op te staan en aan te gaan en planne te maak as alles om jou in duie stort.In die episode sal jy meer hoor oor:
• waarom mense sukkel;
• dat niemand jou van jou probleme gaan kom red nie;
• die verskil tussen opgee en oorgee; en
• die vaardighede wat nodig is om “opgeebestand” te word as jou planne nie uitwerk nie.
23 May Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Grond, geloof en gemeenskap – Charl Saunderson

Charl Saunderson, ’n Dorper-stoetboer van die Boesmanland, herinner ons in hierdie Bly Boer-episode dat boerdery meer is as net ’n beroep – dit is ’n lewenswyse wat gebou is op waardes van volharding, verantwoordelikheid en onwrikbare hoop vir die toekoms. Luister in sy gesprek met Reza Clifford oor hoe hy…
27 Jul 25 min

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy…
17 Jul 1 min

Van trauma tot triomf – Ds. Thinus van Staden

In hierdie episode van Bly Boer gesels Reza Clifford met ds. Thinus van Staden, ’n predikant van Pretoria en die stigter van Traumanetwerk. Laasgenoemde het ontstaan toe kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor die trauma wat boere, hul families en plaaswerkers ervaar. Ds. Thinus glo dat trauma is ’n normale…
12 Jul 29 min