‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw
Loading player...
Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer.
As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets. In dié Bly Boer-onderhoud met dr. Johan Beukes gesels hy oor tradisie, aanpasbaarheid en harde werk.
Ook oor hoe hy as jong bestuurder moes hy leer om balans te vind tussen dissipline en genade, en om die beste uit sy werknemers te haal.
Landbou.com se potgooireeks Bly Boer wil boere inspireer om nie net aan te hou boer nie, maar om ook vreugde in hul dagtaak te vind. In elke episode verken ons nuwe maniere om balans te vind sodat jy jou roeping met passie kan uitleef.