Van trauma tot triomf – Ds. Thinus van Staden

Loading player...
In hierdie episode van Bly Boer gesels Reza Clifford met ds. Thinus van Staden, ’n predikant van Pretoria en die stigter van Traumanetwerk. Laasgenoemde het ontstaan toe kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor die trauma wat boere, hul families en plaaswerkers ervaar.
Ds. Thinus glo dat trauma is ’n normale reaksie op abnormale gebeurtenisse – jy is nie gebroke nie!
Hoor wat hy sê oor:
· die fisieke en emosionele komponente van trauma en hoe jou brein jou probeer beskerm;
· neuroplastisiteit bewys dat jou brein kan genees en nuwe patrone kan vorm;
· om ondersteuning te soek is ’n bewys van dapperheid, nie swakheid nie; en
· hoe Traumanetwerk jou kan help om hulp te kry.
Besoek Traumanetwerk by www.traumanetwerk.co.za
12 Jul 2025 Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Landboumark Voorslag: Episode 3 - Agri Solutions

In episode 3 van Landboumark Voorslag word vertel hoe ’n sakebedryf en geloof saamwerk vir diensbaarheid in aksie. Van ’n wildplaas naby Dinokeng tot ’n onderneming met vier unieke afdelings – Agri Solutions se Sakkie Pelser het ’n eenvoudige oplossing vir elektriese heinings omskep in ’n onderneming wat plastiek herwin,…
20 Jul 23 min

Landboumark Voorslag: Episode 2 - Master Steel Structures

In episode 2 van Landboumark Voorslag vertel ՚n entrepreneur hoe hy met min ondervinding in die staalkonstruksiebedryf ՚n onderneming gekoop en laat floreer het. Sedert 2009 het Jaco Hefer van Master Steel Structures – van ’n Vrystaatse groentjie wat nie eens geweet het wat steierwerk is nie tot die eienaar…
13 Jul 16 min

Landboumark Voorslag: Episode 1 - Hen Hotel

In episode 1 van Landboumark Voorslag hoor ons van ՚n entrepreneur wie se kleintydpassie ՚n groeiende onderneming “uitgebroei” het. Toe voëlgriep Suid-Afrika se eiermark ontwrig, het Alexander Smit ՚n gaping raakgesien en sy liefde vir hoenders wat hy reeds van kleins af koester, in ՚n florerende onderneming omskep. Hen Hotel…
6 Jul 17 min

‘Ons sal hierdeur kom’ – DF Fyfer

DF Fyfer van Bhetjane Cattle Co is lank genoeg ’n boer om die sielkundige impak en stres van boerdery te verstaan. “Dit is nie net jou eie toekoms wat op die spel is nie, maar die nalatenskap van jou voorouers en die toekoms van jou kinders.”In die Bly Boer-onderhoud met…
3 Apr 21 min

‘Leer om ander te lei en motiveer’ – Francois Rossouw

Francois Rossouw, Toyota en AgriSA se Jongboer van die Jaar, moes al vele storms – letterlik en figuurlik – trotseer. As vierdegenerasie-tafeldruifboer op Mooigezicht Estates in die Hexriviervallei moes hy al vele storms trotseer. Haelstorms, oorstromings en selfs ’n wingerd wat drie keer herplant moes word, het sy veerkragtigheid getoets…
26 Mar 28 min