Van trauma tot triomf – Ds. Thinus van Staden

Loading player...
In hierdie episode van Bly Boer gesels Reza Clifford met ds. Thinus van Staden, ’n predikant van Pretoria en die stigter van Traumanetwerk. Laasgenoemde het ontstaan toe kerkleiers hul kommer uitgespreek het oor die trauma wat boere, hul families en plaaswerkers ervaar.
Ds. Thinus glo dat trauma is ’n normale reaksie op abnormale gebeurtenisse – jy is nie gebroke nie!
Hoor wat hy sê oor:
· die fisieke en emosionele komponente van trauma en hoe jou brein jou probeer beskerm;
· neuroplastisiteit bewys dat jou brein kan genees en nuwe patrone kan vorm;
· om ondersteuning te soek is ’n bewys van dapperheid, nie swakheid nie; en
· hoe Traumanetwerk jou kan help om hulp te kry.
Besoek Traumanetwerk by www.traumanetwerk.co.za
12 Jul Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Grond, geloof en gemeenskap – Charl Saunderson

Charl Saunderson, ’n Dorper-stoetboer van die Boesmanland, herinner ons in hierdie Bly Boer-episode dat boerdery meer is as net ’n beroep – dit is ’n lewenswyse wat gebou is op waardes van volharding, verantwoordelikheid en onwrikbare hoop vir die toekoms. Luister in sy gesprek met Reza Clifford oor hoe hy…
27 Jul 25 min

Dr. Jane Buys, veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou

Welkom by Landbouweekblad en Landbou.com se Potgooi-kanaal! Vir meer as ’n eeu deel Landbouweekblad in die wel en wee van ons boere, ons geliefde platteland, en die landboubedryf in die breë. In die begin net ’n tydskrif. Nou ’n gediversfiseerde landbouhandelsmerk gerat vir die toekoms soos hierdie potgooi-kanaal. Of jy…
17 Jul 1 min

‘Wees bereid om weerloos te wees’ – Marciel Hopkins

Marciel Hopkins het op ’n wynplaas in die Breëriviervallei grootgeword en het ’n diep verbintenis met die landbou en plaaslewe. In dié episode gesels sy oor die onvoorspelbaarheid van boerdery, weerloosheid en betekenisvolle verhoudings.Hoor wat sy sê oor:• die ingewikkelde dinamika van familieboerdery;• die belangrikheid van ondersteuningsnetwerke;• jong boere se…
4 Jul 17 min