‘Drank was my beste vriend’ – Edohan Burger

Loading player...
Edohan Burger gesels eerlik in die Bly Boer-episode oor sy pad met alkoholverslawing en hoe hy dit reggekry het om daarvan vry te kom.
Edohan, wat deesdae ’n pastoor by die Kompas-gemeente in Vanderbijlpark is en ook ander verslaafdes help, deel met Reza Clifford oor die vernietigende impak wat drank op sy lewe gehad het.In die episode sal jy meer hoor oor:Hoe ’n doodgewone dag gelyk het in die lewe van Edohan, die alkoholis;Edohan se “rock bottom”-oomblik;Sy ervaring van rehabilitasie en ook hoe hy daarna sterk bly staan het;Sy raad aan geliefdes van ’n alkoholis; enSy getuienis dat herstel moontlik is.Indien jy met graag met Edohan wil gesels, kontak hom gerus op 084 570 0669 of stuur ’n e-pos na edohan@kg.org.za.
22 Jun Afrikaans South Africa News · Education

Other recent episodes

Grondontleding: Volg akkurate metode en kry korrekte raad

Presisiegrondontleding is ’n belangrike hulpmiddel waarvolgens ’n boer besluite oor grondaanvulling neem. Indien hierdie ontleding nie akkuraat is nie, kan dit lei tot die verkeerde bemesting wat ’n direkte impak op opbrengs en insetkoste het. In die tweede aflewering oor dié onderwerp op Wat ’n boer moet weet vertel dr…
9 Sep 20 min

Is Suid-Afrika in ’n grondontleding- en interpretasiekrisis?

Grondontledings word gebruik as basis van bemestingsaanbevelings daarom is dit uiters belangrik dat die inligting wat daaruit kom korrek is. Die vraag is of boere finansieel sal baat met die konvensionele ekstraksiemetodes, oftewel “uitwasmiddels” as basis van bemestingsvoorstelle, of eerder met Mehlich-3 en wat is die slaggate. In hierdie episode…
2 Sep 28 min

‘Hoe om te wen as jy verloor’ – Pierre Vlok

In ’n wêreld waar baie mense opgee wanneer dinge moeilik raak, staan Pierre Vlok, legendariese wolskaapman van BKB, as ’n baken van hoop. Sy verhaal van volharding, van ’n plaasseun tot ’n internasionaal erkende wolkenner, toon dat sukses nie altyd maklik kom nie – maar wel vir dié wat aanhou…
17 Aug 17 min

‘Moenie ophou probeer nie’ – Gerrit van Zyl

In hierdie episode van Bly Boer deel Gerrit van Zyl, sakeman en bekroonde stoetbeesboer van Dewetsdorp, sy merkwaardige reis van konvensionele boerdery na herlewingslandboupraktyke met Reza Clifford. Gerrit se benadering tot geestelike welstand is diep gewortel in praktiese geloof, volharding en om sinvolheid in daaglikse klein bydraes tot iets groter…
10 Aug 19 min

‘Herlewing begin op die plaas’ – Johann Kotzé

Johan Beukes gesels in die jongste Bly Boer-episode met Johann Kotzé, uitvoerende hoof van AgriSA, oor wat dit werklik beteken om te volhard, hoopvol te bly en die volgende geslag te inspireer. Johann vertel in die gesprek hy glo dat geloof ons deur die donkerste tye kan dra en hoe…
3 Aug 27 min