
Salarisse van HUB's, president 'onvergelykbaar'
Loading player...
Die salarisse van hoofde van staatsondernemings bly in die nuus. Talle verdien meer as die president en dit het die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa, warm onder die kraag. Ontleder Marius Kudumo voer egter aan dat presidensiële betaling nie dié van uitvoerende hoofde hoef te oorskry nie, aangesien hul salarisse deur die wet bepaal word.