
Nekundi voer inspeksie uit oor warm water by Windhoek Sentraal
Loading player...
Vanoggend het die vervoerminister, Veikko Nekundi, saam met die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, die Windhoek Sentrale Hospitaal besoek om die vordering met die installering van warm water te inspekteer. Die besoek volg op Nekundi se opdrag aan sy ministerie om tegniese ondersteuning te bied om te verseker dat warm water na 15 jaar daarsonder herstel word.