
Daar's bedenkinge oor superstad by Kaap Fria in Kunene
Loading player...
'n Eeue oue visie om Kaap Fria in 'n diepsee hawe te omskep, kom weer na vore, maar die plan bots met sy huidige status as staatsgrond binne 'n nasionale park. Tradisionele owerhede het dus geen mandaat oor die gebruik daarvan nie. Daar is ook bedenkinge oor die sogenaamde jarelange navorsing wat uitgevoer is. Kosmos 94.1 Nuus het met voormalige landbouminister Calle Schlettwein gepraat.