
Gaza: Wat gaan Israel doen met skietstilstand?
Loading player...
Hamas het ingestem tot 'n nuwe wapenstilstand-ooreenkoms wat deur Egipte en Katar bemiddel is, maar Israel het nog nie van hom laat hoor nie. Die ooreenkoms stel 'n 60-dae skietstilstand voor en die vrylating van die helfte van die oorblywende Israeliese gyselaars wat deur Hamas aangehou word, terwyl verdere onderhandelinge voortgaan. SkyNews se korrespondent Adam Parsons berig uit Israel dit is die meeste waartoe Hamas tot dusver ingestem het, maar die vraag is wat Israel gaan doen.