
Noordwes se parkeraad kan nie willekeurig huur verhoog nie
Loading player...
Die Vereniging van Staatsamptenare veroordeel Noordwes se parke-en-toerismeraad oor 'n 300 persent huurverhoging vir personeel by die Taung- en Mafikeng-hotelskole. Die vakbond sê personeel is meegedeel dat hulle huur vanaf volgende maand van 1 300 Suid-Afrikaanse rand tot 6 800 rand per maand sal styg wat gepaard gaan met salarisaftrekkings vir elektrisiteit, sonder enige raadpleging. Die vakbond se woordvoerder, Nceba Baardman sê dit is onregmatig, uitbuitend en 'n verbreking van huurooreenkomste: