
VSA sal help met veiligheidswaarborge vir Oekraïne
Loading player...
Amerikaanse president Donald Trump het in 'n onderhoud met Fox News gesê Amerikaanse troepe sal nie na die Oekraïne ontplooi word as deel van veiligheidswaarborge as 'n vredesooreenkoms bereik word nie. Hy het ook gesê dis moontlik dat Russiese president Vladimir Putin nie 'n ooreenkoms oor Oekraïne wil bereik nie, maar dat 'n rowwe situasie hom in die gesig staar as hy nie in 'n vredesproses wil saamwerk nie. Die Withuis perssekrataris Karoline Leavitt het by 'n perskonferensie gesê die VSA sal help om veiligheidswaarborge te koördineer. Leavitt het meer.