Openbare loonrekening, aanpassings onder die loep

Loading player...
'n Plaaslike ekonoom het belangrike loon- en arbeidsmarkhervormings aanbeveel, insluitend prestasiegebaseerde betaling, verminderde uitvoerende salarisse in staatsbeheerde ondernemings, en duideliker vergoedingskriteria om die openbare loonrekening te bestuur. Dit is in reaksie op Namibië se onlangse afgradering na 'n laer-middelinkomsteland. Ekonoom Josef Sheehama het met Kosmos 94.1 oor die kwessie gesels.
20 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sankwasa sal self Katima beheer

Stedelike ontwikkeling-minister James Sankwasa het Woensdag amptelik die Katima Mulilo dorpsraad tydens 'n vergadering op die dorp afgedank. Net twee raadslede, die IPC se Charles Musiyalike en die NDP se Simasiku Mukendwa het die vergadering bygewoon. Sankwasa het bevestig dat die afdanking, in terme van die wet op plaaslike owerhede,…
20 Aug 11PM 1 min

SA-inflasie weer op, hoogste in 10 maande

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Julie tot 'n tien-maande hoogtepunt van 3,5-persent gestyg, nadat dit in Junie drie-persent was. Huishoudelike voedselbegrotings bly onder druk, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat tot 5,7-persent verhoog het. Beesvleispryse het die afgelope jaar met bykans 29-persent gestyg, terwyl groente 14,6-persent meer is. Ricado…
20 Aug 11PM 1 min

Varkinvoere val 34,3% in tweede kwartaal

Statistieke van die tweede kwartaal deur die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad toon dat Namibië se varkinvoere altesaam 1,5 miljoen kilogram beloop het, 34,3 persent laer as in dieselfde tydperk verlede jaar. Van hierdie invoere was 64,3 persent afkomstig van Spanje, gevolg deur Suid-Afrika met 17,9 persent en Botswana met 3,8 persent…
20 Aug 11AM 1 min

McIlroy prys hersiene PGA-toer kampioenskapsformaat

Gholf: Die wêreld nommer-twee, Rory McIlroy erken hy het nie probleme met die afslaanformaat wat by die FedEx-beker in die PGA-toerkampioenskap gebruik is nie. Dit word vanjaar verander sodat die voorloper op punte, in die geval die wêreld nommer-een, Scottie Scheffler, op baansyfer saam met die res van die deelnemers…
20 Aug 11AM 1 min