
SA-inflasie weer op, hoogste in 10 maande
Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Julie tot 'n tien-maande hoogtepunt van 3,5-persent gestyg, nadat dit in Junie drie-persent was. Huishoudelike voedselbegrotings bly onder druk, met voedsel en nie-alkoholiese drankies wat tot 5,7-persent verhoog het. Beesvleispryse het die afgelope jaar met bykans 29-persent gestyg, terwyl groente 14,6-persent meer is. Ricado Johnson van Statistieke Suid-Afrika sê daar was wel geringe verligting met koffie, eiers, en sekere melkprodukte wat goedkoper geword het: