
Ngurare moedig samewerking tussen Japan en Namibië aan
Loading player...
Tydens die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling tans aan die gang in Yokohama in Japan het die eerste minister dr. Elijah Ngurare 'n vreedsame, geïndustrialiseerde Afrika in die vooruitsig gestel waar gewere stilgemaak word, werkloosheid vervang word deur landboubedrywighede en tegnologie groei dryf. Hy het dieper samewerking tussen Afrika en Japan aangemoedig.