Uitbreiding van Israel in Wesoewer is doodskoot vir Palestynse staat

Loading player...
Israel se goedkeuring van 'n groot nedersettingsuitbreidingsplan in die besette Wesoewer word wyd veroordeel. Mustafa Barghouti, sekretaris-generaal van die Palestynse Nasionale Inisiatief, het aan Al Jazeera gesê dit sal die doodsvonnis wees vir enige moontlikheid van 'n onafhanklike Palestynse staat. Hy het uit Ramallah gepraat en gesê sanksies moet onmiddellik teen Israel ingestel word om die plan te stop.
21 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nanso maak nog feite bymekaar oor Nust se koshuis herrie

Nanso het sy reaksie oor die nuus dat Nust-koshuisstudente ’n 30 persent verlaging in verblyf- en maaltydgelde eis, oor swak dienste, met internetprobleme as hul grootste klagte, eers weerhou. Hulle waarsku dat studente nie volle fooie vir wat hulle as substandaard opleiding en fasiliteite beskryf, behoort te betaal nie. Kosmos…
21 Aug 5AM 1 min

Solidariteit vaar uit teen Mashatile oor swart bemagtiging

Solidariteit sê adjunkpresident Paul Mashatile se jongste verdediging van swartbemagtiging is totaal verwyderd van die werklikheid van wat swartbemagtiging is en doen. Mashatile het die land se transformasiebeleid in antwoord op 'n parlementêre vraag verdedig en verklaar dat die Wet op Swart Ekonomiese Bemagtiging nie diskriminerende wetgewing is nie. Solidariteit…
21 Aug 5AM 1 min

SA se vroue sal betaal vir VSA-tariewe

'n Ekonoom van die Universiteit van Stellenbosch Sakeskool, Nthabiseng Moleko, sê die nuutste VSA tariewe bedreig alreeds broos werksekerheid, met veral vroue wat die las van die wêreld se handelsoorlog moet dra. Moleko waarsku dat die 30-persent tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere dreig om die arbeidsonsekerheid te vererger, veral vroue wat…
21 Aug 4AM 1 min

Tiger aangestel as voorsitter van PGA-toer se mededingingsmodel

Die vyftienmalige major kampioen Tiger Woods is aangewys as voorsitter van die nuutgestigte Future Competition Committee. Die komitee van nege lede, ses spelers en drie sake-adviseurs, se taak is om die optimale mededingingsmodel te definieer wat die PGA-toer se waarde vir aanhangers, spelers en vennote verhoog. Die uitvoerende hoof van…
21 Aug 4AM 1 min

Ngurare moedig samewerking tussen Japan en Namibië aan

Tydens die 9de Tokio Internasionale Konferensie oor Afrika-ontwikkeling tans aan die gang in Yokohama in Japan het die eerste minister dr. Elijah Ngurare 'n vreedsame, geïndustrialiseerde Afrika in die vooruitsig gestel waar gewere stilgemaak word, werkloosheid vervang word deur landboubedrywighede en tegnologie groei dryf. Hy het dieper samewerking tussen Afrika…
21 Aug 3AM 1 min