
Sonop wend hom aan die hof vir tamatie-uitvoere
Loading player...
Sonop Farming by Noordoewer het na raming 2,9 miljoen Namibiese dollar per dag verloor nadat sy tamatie-invoerpermit na Suid-Afrika teruggetrek is weens ontbrekende papierwerk tussen Namibiese en Suid-Afrikaanse amptenare. Die permit, wat op 11 Augustus herroep is, is laat op 19 Augustus herstel. Tydens die periode moes die maatskappy, wat ongeveer 1 100 mense in diens het, meer as 700 ton tamaties vernietig. Uitvoerende hoof, Albert van der Merwe, sê hulle het sedert April meer as 4 000 ton na Suid-Afrika uitgevoer.