Onthou my asseblief: ‘n Liefdes konsert uit Heidedal met Caroline Grace

Loading player...
Musikant, liedjieskrywer en vervaardiger, Angelo Mockie sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel oor die besonderse geleentheid wat Afrikaans in Heidedal vier. Die uiters talentvolle Caroline Grace deel die verhoog met plaaslike kunstenaars Domariah Stilo, Lenthea Jantjies, Allonechia Steyn en Jaques May-Knight. Dit beloof ‘n aand van nostalgie en liefde vir Afrikaans. Angelo se droom is dat die produksie ‘n jaarlikse instelling sal word. Dit vind die 20ste September by die Musicon in Bloemfontein plaas en kaartjies is beskikbaar op Webtickets.
25 Aug English South Africa Performing Arts · Visual Arts

Other recent episodes

Van Potchefstroom na Londen, Jonel Scholtz se kuns op 'n wêreldverhoog

Jonel Scholtz het in 1988 begin skilder terwyl sy op hoërskool was, saam met Louise Goudemond, 'n Amerikaanse kunstenaar wat spesialiseer in figuurlike werk en olieportrette. In 2025 het haar kuns haar weer eens 'n wêreldwye platform gegee. Jonel is gekies om haar kuns in te sluit in "Routines", 'n…
18 Aug 6 min