Woord vir Vandag - 6 Sep 2025

Loading player...
“Want soos hy in sy hart dink, so is hy…” Spreuke 23:7 KAB

Die belangrikheid van goeie denke (1)

Goeie denkers is altyd in aanvraag. Hoekom? Omdat hulle probleme oplos, altyd idees het wat ‘n organisasie kan opbou en omdat hulle altyd hoop vir ‘n beter toekoms het. Goeie denkers bevind hulself selde onder die beheer van slegte denkers. Adolf Hitler het een keer gespog: ‘Wat ‘n geluk is dit nie vir heersers dat mense nie dink nie.’ Diegene wat die tegniek van goeie denke bemeester, kan hulself handhaaf – selfs onder ‘n onregverdige heerser of in ander uitdagende omstandighede. Goeie denkers is suksesvol. Dr John Maxwell skryf: ‘Ek het suksesvolle mense vir veertig jaar lank bestudeer en alhoewel die diversiteit onder hulle verstommend is, het ek gevind dat hulle almal op een manier eenders is: hoe hulle dink! Dit is die een ding wat suksesvolle mense van onsuksesvolles onderskei. Die goeie nuus is egter dat jy kan leer om soos suksesvolle mense te dink. As jy jou denke kan verander, kan jy jou lewe verander!’ Die Bybel stel dit so: ‘Want soos hy in sy hart dink, so is hy…’ Dit beteken dat jy nooit hoër op in die lewe sal beweeg as jy nie jou denke verander nie. As jy die manier waarop jy dink verander, kan dit jou lewe verander! Dis moeilik om die waarde van denke wat verander, te oordryf. Goeie denke kan verskeie dinge vir jou doen, insluitend om nuwe geleenthede te laat realiseer, probleme op te los en inkomste te genereer. Dit kan jou na ‘n hele nuwe vlak, beide professioneel en persoonlik, lei. Paulus skryf: ‘...beplan alles wat... lofwaardig is... Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees’ (Filippense 4:8-9 NLV). Wil jy jou lewe verander? Die eerste stap is om jou denke te verander.
28 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min