Woord vir Vandag - 7 Sep 2025

Loading player...
“Hou hierdie wetboek altyd by jou. Dink dag en nag daaroor na… Jy sal dan sukses behaal op jou pad…” Josua 1:8 NLV

Die belangrikheid van goeie denke (2)

As jy jou lewe wil verander, moet jy hoe jy dink en waaraan jy dink, verander. Wanneer jy aan die verkeerde dinge dink, beweeg jou lewe in die verkeerde rigting. Wanneer jy egter aan die regte dinge dink, beweeg jou lewe in die regte rigting. 1) Dis nie maklik om jou denke te verander nie. Dis nie outomaties nie en dit gebeur nie vanself nie. As jy ‘n goeie idee wil ontdek, moet jy op die uitkyk daarvoor wees. As jy jou denke wil verbeter, moet jy daaraan werk – en wanneer jy ‘n beter denker word, sal goeie idees aanhou kom. 2) Om jou denke te verander verg toewyding. Albert Einstein het gesê: ‘Dis harde werk om te dink, dis hoekom so min mense dit doen.’ Mense wat dink dat goeie denke maklik is, het dikwels nie goeie denkwyses nie. Die media, die kultuur en die mense rondom jou sal jou denke beïnvloed, tensy jy besluit om vir jouself te begin dink. 3) Wanneer jy jou denke verander, bring dit groot belonings mee. Paulus skryf: ‘…Óns kan hierdie dinge egter verstaan, want ons is ingestel om soos Christus te dink’ (1 Korintiërs 2:16 NLV). Wanneer jy die gedagtes van God jou eie begin maak, is jou potensiaal onbeperk. Goudmyne droog op. Aandelemarkte daal skielik. Eiendomsbeleggings versleg. ‘n Verstand wat egter deur die Gees en Woord van God getransformeer word, is soos 'n diamantmyn wat nooit leeg word nie. Dit is van onskatbare waarde.
28 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min