Woord vir Vandag - 8 Sep 2025
Loading player...
“Daarom… moet julle aanhou om mekaar moed in te praat en geestelik op te bou.” 1 Tessalonisense 5:11 NLV
Jou aanmoediging kan ‘n verskil maak
By die 1996 Olimpiese Spele het almal van die gimnas, Kerri Strug, verwag om die goue medalje vir haar span te wen. Al wat sy moes doen, was om ‘n suksesvolle sprong te maak en Amerika sou die goud wen. Toe sy egter haar eerste sprong uitvoer, het sy haar enkel verstuit en kon skaars loop. Sy het geval en nie die telling behaal wat nodig was om te wen nie. Terwyl sy op die mat gesit het met trane wat oor haar gesig stroom, het sy om twee redes gehuil. Eerstens was sy in pyn. Tweedens kon sy geen manier insien hoe sy die telling kon opmaak om te wen nie. Sy het egter nog ‘n kans gehad om haar sprong uit te voer. Sy wou tou opgooi, maar haar afrigter het op die kantlyn gestaan en gesê: ‘Jy kan dit doen, Kerri!’ Sy het weer hinkepink na die beginpunt geloop. Ná die sprong het sy aan ‘n onderhoudvoerder verduidelik dat al wat sy kon doen om aan te hou, was om haar oë op haar afrigter te hou. Hy het haar daarvan weerhou om op die pyn in haar enkel te fokus. Sy het seergekry – sy het gehuil – maar haar afrigter het in haar geglo. Sy het krag wat sy self nie gehad het nie, uit sy aanmoediging geput. Selfs met die verstuite enkel het sy gehardloop en die sprong gedoen. Sy moes met een goeie enkel en een beseerde enkel die sprong en landing foutloos probeer doen. Sy het dit reggekry! Met haar afrigter se aanmoediging wat haar orent gehou het, het sy die onmoontlike gedoen. Haar telling was hoog genoeg om vir die Amerikaanse span goud te wen. Jou aanmoediging kan die verskil maak.