Woord vir Vandag - 9 Sep 2025

Loading player...
“Hulle het gedink dat Hy by ander familielede en vriende was…” Lukas 2:44 DB

Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie

Die Bybel sê: ‘Elke jaar het Jesus se ouers Jerusalem toe gegaan om die paasfees te vier. Toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle oudergewoonte weer soontoe gegaan. Toe die fees verby was, het hulle teruggekeer na Nasaret. Jesus het egter in die tempel agtergebly, maar sy ouers het dit nie agtergekom nie. Hulle het gedink dat Hy by ander familielede en vriende was wat ook op pad terug was. Eers nadat hulle ‘n dag lank op die pad was, het Jesus se pa en ma na Hom begin soek’ (verse 41-44 DB). Die verhaal het ‘n gelukkige einde, omdat Jesus se ouers Hom gekry het. Dit draai egter nie altyd so uit nie. Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie. Hulle het deesdae toegang tot dwelms, gewere en pornografie via die internet, waar hulle ook ‘n pedofiel kan ontmoet. Dit moet jou bekommer. Jesus het gesê dat die Satan kom om ‘…te steel, dood te maak en te vernietig…’ (Johannes 10:10 NLV). Moenie hom naby jou gesin toelaat nie. Nadat hy van demone bevry is, wou ‘n man saam met Jesus as een van sy dissipels reis. Jesus het egter gesê: ‘Nee, gaan terug na jou familie toe en vertel vir hulle al die wonderlike dinge wat God vir jou gedoen het’ (Lukas 8:39 NLV). As jy tans op die pad van sukses is en jou gesin verwaarloos, draai om! Gaan terug na die mense wat die meeste saak maak. Wy jouself daaraan toe om slegs die reis te onderneem as dit hulle insluit. Bid saam met die Psalmdigter: ‘Ek wil my daaraan toewy om opreg te lewe… In my huis wil ek lewe met ‘n opregte hart’ (Psalm 101:2 NLV). Moenie aanneem dat jou kinders ‘okay’ is nie – maak seker dat hulle is.
28 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min