Woord vir Vandag - 10 Sep 2025

Loading player...
“…Jesus [het] toe vir hulle gesê: ‘Kom julle nou self eenkant toe… en skep ‘n bietjie asem.’” Markus 6:31 NLV

Rus en ontspanning is noodsaaklik

Daar is ‘n goeie rede hoekom God ons opdrag gegee het om die Sabbat te onderhou – om te rus. As God na ses dae van kreatiewe aktiwiteit moes rus, hoeveel te meer moet ons nie! Jesus was ‘n groot voorstaander van rus. Hy het een keer sy dissipels op reis gestuur om die evangelie te gaan uitdra. Toe hulle terugkeer, vol energie en praatjies van al die ongelooflike wonderwerke wat plaasgevind het, sou mens dink Hy sou hulle verder uitstuur om die momentum te behou. Hy het dit egter nie gedoen nie. ‘Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: ‘Kom julle nou self eenkant toe… en skep ‘n bietjie asem.’ Hulle het toe per boot na ‘n stil plek vertrek…’ (verse 31-32 NLV). Let op dat daar ‘voortdurend mense gekom en gegaan het.’ Klink dit soos jou normale dag waar jy skaars kans het om asem te skep? Jesus was bekommerd dat sy dissipels nie meer balans sou kon handhaaf nie. Jesus het nooit rondgejaag nie, dit het nooit gelyk of hy deur die skare gepla of beheer word nie, Hy het sy prioriteite behou en altyd daarin geslaag om te voltooi wat Hy hom voorgeneem het om te doen. Jesus het geweet hoe belangrik rus en ontspanning vir sy dissipels se volgehoue effektiwiteit is. Dit vind egter nie sonder vasberadenheid en beplanning plaas nie. Jy moet sulke tye net so belangrik as enige ander onderneming beskou. Bid die volgende: ‘Vader, help my om rus ‘n prioriteit in my lewe te maak. Help my om op te hou om my liggaam oneer aan te doen, hierdie tempel wat U aan my gegee het om my doel hier op aarde uit te voer.’
28 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min