Woord vir Vandag - 11 Sep 2025

Loading player...
“Die woord van God is vol lewenskrag en energie… Dit sny diep tot binne-in ons innerlikste wese…” Hebreërs 4:12 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (1)

Dit voel asof daar deesdae oral versoekings is. Ons jongmense word gebombardeer deur beelde wat standaarde van ordentlikheid en selfbeheersing verwar, verlei en afwater. ‘n Wyse en toegewyde tagtigjarige pastoor is gevra op watter ouderdom seksuele versoeking nie meer ‘n kwessie is nie. Sonder om te huiwer het hy geantwoord: ‘Dit moet iewers na tagtig wees!’ Die waarheid is, as jy asemhaal - is jy kwesbaar! Dit eindig ook nie daar nie. Navorsing toon dat ‘n groeiende aantal vroue in die maklik toeganklike wêreld van verleidelike literatuur, flieks en video's, verstrik raak. Wilskrag, internetfiltrering en persoonlike aanspreeklikheid is waardevol en kan help. Dit alleen sal egter nie bevryding teweegbring of genesing van die morele wonde wat deur die Vyand toegedien word, verskaf nie. Ons moet almal op ‘n paar Bybelverse wat ons beskerming bied, ag slaan. Jesus het gesê: ‘Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’ Maar Ek sê vir julle, elke man wat met ‘n wellustige oog na ‘n ander vrou kyk, het al klaar in sy hart egbreuk gepleeg’ (Matteus 5:27-28 NLV). Die eerste stap is om te verstaan dat wellus vernietigend is en Skriftuurlik verbied word. Jesus praat nie hier van ‘n vinnige blik nie. Hy praat van ‘n verlangende kyk wat begeerte aanblaas en tot sonde lei. Dit impliseer ‘n proses, eerder as ‘n vlietende gedagte. Dit is dus duidelik dat ‘n blik wat onregmatige passie opwek, ons wekroep moet wees om die Heilige Gees aan te roep om ons te help om sonde te weerstaan en in reinheid te wandel.
28 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min