Woord vir Vandag - 12 Sep 2025

Loading player...
“U woord is ‘n lamp vir my voete en ‘n lig op my pad.” Psalm 119:105 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (2)

Die patriarg Job het gesê: ‘Ek het my plegtig verbind om nie na ‘n meisie te kyk en haar te begeer nie. (Job 31:1 AFR83). Job kon, net soos ons, nie sy omgewing en versoekings beheer nie. Tog kan ons ‘n waardevolle les uit Job se woorde leer. ‘n Verbond is ‘n belofte wat in goeder trou gemaak word met die doel om dit na te kom. Dit is ‘n geloofstap waaraan jy jou verbind voordat jy weet watter omstandighede jy sal teëkom, soortgelyk aan ‘n huweliksverbond. Die Bybel sê vir ons: ‘…die regverdige sal uit die geloof lewe’ (Romeine 1:17 AFR53). Ons selfsugtige natuur stry teen die nakoming van God se gebooie; daarom gee die Heilige Gees wat in ons woon ons alles wat nodig is om sukses te behaal. As jy wag totdat jy sterk genoeg voel om jou verbond met God te eerbiedig, sal dit nooit gebeur nie. As jy dit egter deur geloof maak, deur jou eie swakheid te erken, sal die Heilige Gees die krag verskaf wat jy nodig het om dit na te kom! Sy verbond, wat in geloof gemaak is, het Job in staat gestel om te sê: ‘Ek het myself belowe dat ek nooit na ‘n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie’ (Job 31:1 NLV). Is dit dan nie beter om eerder nie ‘n verbond te sluit nie, as om een te maak en dit te verbreek nie? Nee, omdat al ons mislukkings deur Christus se bloed bedek word. ‘As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van elke verkeerde optrede’ (1 Johannes 1:9 NLV). Bekering bring vergifnis en ‘n nuwe begin mee!
29 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min