Woord vir Vandag - 13 Sep 2025

Loading player...
“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook …” 1 Korintiërs 10:13 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (3)

Volgens Jesus word wellus deur versoeking voorafgegaan en kan dit tot sonde lei (sien Matteus 5:27-28). Die goeie nuus oor die hantering van versoekings is dat jy egter nie alleen is nie. God se Woord sê vir ons: ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou’ (vers 13 NLV). In die lig van hierdie Skrifgedeelte hou die verskoning van: ‘Ek kon myself nie help nie,’ geen water by God nie. Die Bybel sê dat geen versoeking groter as God se getrouheid is nie. As jy die uitkoms wat Hy bied, kies, sal jy nie in die strik trap nie. As jy misluk, sal dit wees omdat jy nie op God se getrouheid staat gemaak het nie. Die versoeking sal dalk nie dadelik verdwyn nie, maar jy sal ‘n manier vind om dit te weerstaan. Die versoeking bly ‘n aktiewe moontlikheid, maar God gee ons die opsie om op sy betroubare, verlossende krag te vertrou. Om versoekings te weerstaan is ‘n voortdurende proses. Jy kan die stryd wen, maar die oorlog sal nooit ten volle eindig totdat die laaste skoot by die koms van Jesus gevuur word nie. Intussen: ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding’ (1 Petrus 5:8-9 NLV).
29 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min