Woord vir Vandag - 14 Sep 2025

Loading player...
“…Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie.” Galasiërs 5:16 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (4)

Wellus is vir ons so natuurlik soos asemhaal. Ons vleeslike aard wil altyd sy selfsugtige begeertes vervul. Dit kry nooit genoeg nie en wil altyd meer hê. Aan die ander kant, smag ons nuwe natuur na dit wat die Heilige Gees, wat in ons verloste gees leef, bevredig. Ons is meer vertroud met die aantrekkingskrag van die vlees omdat ons dit al ons hele lewe lank ondervind. Ons verstaan die dringendheid, die aantrekkingskrag en die beheer daarvan. Wanneer ons egter tyd en energie in wat die Heilige Gees behaag belê, ervaar ons die vervulling en krag wat die Gees alleenlik kan meebring. Paulus sê vir ons: ‘…Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie,’ en ‘Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons één is met Christus, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek’ (2 Korintiërs 2:14 NLV). Daar is ‘n manier om bo die swaartekrag van die vlees te leef, ‘n manier wat die konstante siklus van nederlaag/bekering/nederlaag verhoed. Ja, God is ‘n God van vergifnis en herstel wat die opregte belydenisse uit die harte van sy volk aanvaar en al ons oortredings vergewe (Sien 1 Johannes 1:9). ‘Oorvloedige lewe’ beteken egter om in vreugde en oorwinning te leef. Wanneer jy in die vlees lewe, leef jy in ooreenstemming met die bevele van jou menslike natuur. Wanneer jy egter in die Gees lewe, lewe jy in ooreenstemming met die leiding van die Heilige Gees, soos dit in God se Woord uiteengesit word. Gevolglik sal jy ‘…glad nie aan die begeertes van [jou] sondige geaardheid toegee nie.’
29 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Vrydag 30 Januarie “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor…
18 Dec 2 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min