Woord vir Vandag - 15 Sep 2025

Loading player...
“Hoe kan ‘n jongmens ‘n skoon lewe lei? Deur gehoorsaam te wees aan u woord.” Psalm 119:9 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (5)

Wanneer ons aan versoeking toegee, is dit maklik om ander mense en ons omgewing te blameer. ‘Vroue trek deesdae te uitlokkend aan… Mans is te seksueel aggressief… Die media is te eksplisiet.’ Hierdie stellings mag dalk waar wees, maar help ons nie om die versoeker se werkswyse te oorkom nie. Satan, ons vyand, het nie sy werkswyse verander nie. Dit werk steeds omdat die menslike natuur nie verander het nie. Dawid het op ‘n pynlike manier geleer dat dit nie Batseba se badroetine was wat sy ondergang veroorsaak het nie. Hy het verantwoordelikheid vir sy gedrag geneem en gebid: ‘Want ek ken my oortredings en my sonde is gedurig voor my. Teen U, U alleen het ek gesondig; ek het gedoen wat vir U verkeerd is…’ (Psalm 51:5-6 NLV). Let twee belangrike lesse wat Dawid geleer het op: 1) Hy het ontdek dat mens vergifnis, herstel en vryheid ontvang deur jouself te bekeer en verantwoordelikheid vir jou dade te neem. 2) Hy het ook geleer dat die manier om beheer oor jou wellustige natuur te neem in gereelde tyd wat jy met God se Woord bestee, gevind word. Jy kan dit nie op eie houtjie doen nie. ‘Hoe kan ‘n jongmens ‘n skoon lewe lei? Deur gehoorsaam te wees aan u woord.’ God se antwoord is nie geheimsinnig of moeilik om te verstaan nie. Sy universele oplossing is: ‘Deur gehoorsaam te wees aan u woord.’ Dawid se nuwe gesindheid en reinheid van hart het uit die beoefening van hierdie waarheid gespruit: ‘Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie’ (Psalm 119:11 NLV). Dis ‘n formule vir oorwinning wat ook vir jou sal werk.
29 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min