
Swan Lake gaan Potchefstromers betower met plaaslike en internasionaal bekende ballerinas
Loading player...
Potchefstroom kan reg maak vir ‘n onvergeetlike ballet wanneer die North West Youth Ballet (NWYB) Swan Lake by die Sanlam Auditiorium aanbied, 11 en 12 September 2025. Artistieke Direkteur en Organiseerder, Antoinette van Staden sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te vertel hoe belangrik hierdie tipe blootstelling is vir jong dansers, die voorreg om saam met internasionaal bekende dansers op te tree, as ook wat die gehoor kan verwag as dit kom by hul einde van Swan Lake se verhaal. Kaartjies is beskikbaar by Tixsa.