Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

Loading player...
“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV

Bewys dit!

Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n preek oor die verhaal van die barmhartige Samaritaan (Lukas 10:30-37), lewer. Hulle moes van klaskamer tot klaskamer gaan en liefde en deernis aan ander verkondig. Sommige studente het tien minute tussen klasse gehad, terwyl ander minder tyd gehad het, wat hulle genoop het om vinnig te maak om op skedule te bly. Elke student moes ook in ‘n aangewese gang verby ‘n ‘bedelaar’ stap wat doelbewus deur die professor daar geplant is. Wat daardie dag gebeur het, was ‘n kragtige les. Die aantal voornemende predikers wat stilgestaan het om die bedelaar te help, was uiters laag, veral onder diegene wat onder druk vir tyd was. Hulle was so besig om hulle te haas om oor die barmhartige Samaritaan te preek, dat hulle reguit verby die bedelaar, wat die kern van die gelykenis was, geloop het. Christus se woorde in Matteus 25, wat geskryf is om jou te laat dink, bid en uitreik na mense wat seer het, kan as volg geparafraseer word: ‘Ek was honger, en julle het ‘n komitee gestig om dit te bespreek. Ek was in die tronk, en jy het by die huis vir my vrylating gebid. Ek was naak, en jy het teen die moraliteit van my voorkoms geprotesteer. Ek was siek, en jy het God vir jou gesondheid gedank. Ek was haweloos, en jy het vir my van die skuiling van God se liefde gepreek. Jy lyk so heilig en so naby aan God, maar ek is steeds honger, eensaam, koud en in pyn. Maak dit vir jou saak?’ Moenie net oor God se liefde praat nie; bewys dit!
5 Sep English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 31 Okt 2025

“In die huis van regverdiges is daar skatte…” Spreuke 15:6 NLV Die Bybel en jou beleggings (3) Om jou vrees vir beleggings te oorkom, moet jy die volgende drie dinge doen: 1) Raak vaardig. Voordat jy begin belê, moet jy die taal en nuanses van die aandelemark, vaste eiendom, gesamentlike…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 30 Okt 2025

“In ‘n wyse mens se huis is altyd kosbare besittings en uitgesoekte olie...” Spreuke 21:20 NLV Die Bybel en jou beleggings (2) Die Bybel leer ons twee dinge om finansieel vooruit te beweeg. 1) Jy moet wys wees wanneer jy belê. Wanneer iemand vir jou ‘n opbrengs op jou belegging…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 29 Okt 2025

“Na 'n lang tyd het die eienaar van daardie slawe teruggekom en van hulle rekenskap gevra.” Matteus 25:19 AFR83 Die Bybel en jou beleggings (1) Jesus het gesê: ‘Verder gaan [die koninkryk van die hemel] soos met ‘n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaar geroep…
19 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 28 Okt 2025

“Versterk die moeë hande… Bemoedig dié wie se knieë swak word en knik. Sê vir dié wat bang is: ‘Wees sterk en moenie bang wees nie…’” Jesaja 35:3-4 NLV Bemoedig iemand vandag Elkeen van ons het bemoediging (ondersteuning wat selfvertroue en die wil om aan te gaan inspireer) nodig. Die…
19 Oct 2 min

Woord vir Vandag - 27 Okt 2025

“Getroude mans, julle moet julle vroue liefhê…” Efesiërs 5:25 NLV Wees lief vir en eer jou vrou Daar is ‘n verhaal van ‘n direkteur en sy vrou wat op reis was en gestop het om petrol in te gooi. Die direkteur het ingegaan om die winkel te besoek en toe…
19 Oct 1 min