Ep. 26 - Pyle van die bose en die engel in Oekraïne
Loading player...
Tydens ’n onlangse besoek aan die oorloggeteisterde Oekraïne het ’n paar Suid-Afrikaners 'n groep vroue gaan ondersteun, veral rondom die sekondêre trauma wat hulle beleef. In hierdie episode vertel Dolf Du Plooy en Bernard Joubert hoe dit tans in Oekraïne lyk en hoe hulle sin maak van hul belewenisse. ’n Sleutelfiguur staan uit en help veral vir Dolf om anders na die oorlog te kyk - tot so ’n mate dat hy met ’n gevoel van hoop weer in Suid-Afrika aanland. Haar naam is Lisa, of “die engel in Oekraïne”, soos Dolf haar noem.
Dolf is een van die leraars van Murray Gemeente in De Doorns, en Bernard die besturende direkteur van die Petra Instituut.
Vir meer inligting oor Oekraïne of hoe jy ook betrokke kan raak, kontak Bernard Joubert: children@hexvallei.co.za