Ep. 32 - Dr. Ernst Baard - Biodiversiteit en bewaring: die wonder van die Wes-Kaapse skepping

Loading player...
Hy het sy loopbaan begin deur skilpaaie en paddas in Jonkershoek te bestudeer, en dit uitgebou tot 'n leeftyd se werk op die hoogste vlak van natuurbewaring in die Wes-Kaap. Dr. Ernst Baard sê natuurbewaring gaan nie net oor bokkies en blommetjies nie, dit gaan oor die stelsels wat ons lewe elke dag onderhou.

In hierdie episode gesels DJ Muller met Ernst oor waarom die Wes-Kaap ekologies so uitsonderlik is, watter bedreigings biodiversiteit vandag in die gesig staar, en waar daar steeds hoop is. Hulle sluit aan by Genesis 1:28 en vra wat verantwoordelike heerskappy oor die aarde in die praktyk beteken, vir 'n gewone lidmaat en gemeente.
14 Aug Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Ep. 30 - Proteahoogte kinderteater: 'Geen ouderdomsbeperking op verwondering nie'

In hierdie episode vier ons ’n merkwaardige mylpaal: tien jaar van kinderteater tydens Pinkster by die Proteahoogte-gemeente. Ons gesels met Christo Botha, Christene Kruger en Siegfried Louw oor hoe ’n droom om jong gesinne te bedien, ontwikkel het in ’n jaarlikse instelling wat die hele gemeente saamsnoer. Ons gesels oor…
3 Jun 22 min

Ep. 29 - Bywoners vertel oor "Geroep om te Floreer" kursus

Drie persone wat onlangs die "Geroep om te Floreer" kursus bygewoon het, vertel oor hul ervaring en hoe hierdie kursus hul gehelp het om nuut oor hulself en hul gemeentes te dink. Vir meer inligting oor toekomstige kursusdatums, kontak Mathilda by mdup@kaapkerk.co.za. Meer oor die kursus: https://kaapkerk.co.za/wp-content/uploads/2025/06/Geroep-om-te-floreer-.pdf
16 Mar 29 min

Ep. 28 - Twee eerstejaar teologiestudente vertel oor roepings en drome

09 Februarie was die opening van die Teologie Fakulteit in Stellenbosch. DJ Muller het met twee eerstejaar studente gesels oor hul pad tot hier en hul uitkyk op die pad vorentoe. Marnus Havenga deel ook later in die gesprek oor sy waarnemings oor roeping en teologiese opleiding in die breë.
9 Feb 20 min

Ep. 27 – Digitale higiëne: Tyd vir briek aandraai?

Het jy al gewonder hoekom dit so moeilik is om jou foon neer te sit – al weet jy jy spandeer te veel tyd daarop? Of hoekom jou kind se bui en selfbeeld so direk beïnvloed word deur wat op Instagram of TikTok gebeur? Ons gesels met dr. Yolinda Steyn,…
10 Sep 2025 47 min