Ep. 30 - Proteahoogte kinderteater: 'Geen ouderdomsbeperking op verwondering nie'
Loading player...
In hierdie episode vier ons ’n merkwaardige mylpaal: tien jaar van kinderteater tydens Pinkster by die Proteahoogte-gemeente. Ons gesels met Christo Botha, Christene Kruger en Siegfried Louw oor hoe ’n droom om jong gesinne te bedien, ontwikkel het in ’n jaarlikse instelling wat die hele gemeente saamsnoer.
Ons gesels oor die krag van stories en waarom dit dikwels meer toeganklik is as tradisionele verduidelikings om die Evangelie oor te dra. Die span deel agter-die-skerms staaltjies oor vanjaar se produksie, Sarie en die Abakus, van die uitdagings om tydspronge in Abraham en Sara se verhaal uit te beeld tot die komiese verligting van ’n pratende kameel.