
Waagkapitaal belangrik vir SME ontwikkeling
Loading player...
Die Namibia Business Angel Network het saam met Bellatrix SME Finance en Bellatrix Investment Managers 'n driejaar-inisiatief aangegaan om 450 000 Namibiese dollar in vroeëfase-innovasie te belê. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het SMEs Compete se Danny Meyer gesê dat waagkapitaalbelegging 'n baie belangrike instrument is om entrepreneurs te help om hul onderneming te begin of om hul onderneming te laat groei of te skaal.